Wikipedia:Geselshoekie

Sien ook:
- Wikipedia:Welkom nuwelinge wat veral op nuwelinge gemik is.
- Wikipedia:Gebruikersportaal vir nuttige skakels vir alle gebruikers.
- Wikipediabespreking:Geselshoekie vir bespreking oor die toekoms van hierdie bladsy.
- Taalforum vir besprekings oor taalprobleme. Die juiste terme, spellings ensomeer.
Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die
| 2004+05+06 | 2007+08+09 | 2010+11 |
| 2012 | 2013+14+15 | 2016 |
| 2017 | 2018 | 2019 |
| 2020 | 2021+22+23 | 2024 |
| 2025 | 2026 | |
| Hoe word 'n argief aangelê? | ||
Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (
) te kies op die redigeringskieslys.
Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.
Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.
Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans
Uitslag van die 2026-skryfwedstryd
[wysig bron]Navraag geskuif na Wikipediabespreking:Skryfwedstryd 2026
Bloedrivier
[wysig bron]Gemeenskap, kan iemand wat slimmer as ek is asb weer na die koördinate kyk. Sien [Liggings]. Iets wat soos hierdie lyk is verwarrend: -28.436033,31.267480 Ons kinders word van grade, minute en sekondes geleer, nie hierdie desimale (vermoed ek) gedoente nie. Groete. Oesjaar (kontak) 20:01, 17 Junie 2026 (UTC)
- Gedoen, en stem saam dat die desimale 'n verwarrende kortpad is. JMK (kontak) 09:18, 18 Junie 2026 (UTC)
- Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 09:20, 18 Junie 2026 (UTC)
- Baie van ons KZN-gehuggie-artikels blyk terloops net benaderde koördinate te hê, en dié moet nog nagegaan word. JMK (kontak) 09:24, 18 Junie 2026 (UTC)
- Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 09:20, 18 Junie 2026 (UTC)
Genealogiese inligting
[wysig bron]Toe ek hierdie artikel besoek het, sien ek 'n paar vreemde kodes na verskeie mense se name. 'n Tipiese kode is "(b3c1d5e11)". Dit het my 'n rukkie geneem om af te lei dat dit genealogiese inligting is. Mag ek voorstel dat 'n sjabloon geskryf word wat aan die eerste voorkoms van sulke kodes in enige artikel geheg kan word om die kode te verduidelik. Die sjabloon self sal in 'n verwysing of 'n nota uitgebrei word. Martinvl (kontak) 21:48, 18 Junie 2026 (UTC)
- Ek sien nie die nodigheid van die genealogiese inligting in die artikel nie, aangesien geen famileverband tussen die mense genoem word nie. Ek dink 'n mens moet dit uithaal. ~ Burgert (kontak) 09:46, 19 Junie 2026 (UTC)
- Dit is 'n deksels goeie vraag, ek kan verstaan hoekom hierdie kodes ingesluit is, omdat daar so baie familiename is wat presies oorvleuel, omdat almal presies dieselfde doopname het. Dit skep dus inderdaad verwarring. Ek voel egter 'n geboortedatum kan dalk help as jy dit in die voetnotas sou insluit. Dan weet jy presies met wie jy te doen het.
- Die kodes self skep wel dikwels verwarring. My moeder en suster sal sukkel om te verstaan hoe b3c1d5e11 presies werk, naamlik:
- b3 = 2de geslag, 3de kind
- c1 = 3de geslag (uit b3 gebore), 1ste kind (van b3)
- d5 = 4de geslag (uit c1 gebore), 5de kind (van c1)
- e11 = 5de geslag (uit d5 gebore), 11de kind (van d5)
- ens.
- In die meeste gevalle is dit patriliniêre inligting - stamvader se seun, se seun, se seun, se seun.... Maklik genoeg, dis 'n loodreguit lyn. Maar, soos ek in die familieboek oor die Malans gesien het, word die dogters dikwels uitgelaat. Dit is verkeerd, want my skrywersvriend van Bellville is nie die eerste kind nie, al word hy so aangedui; hy het 'n ouer suster.
- Daar is hoeveel ander voorsate wat buite rekening gelaat word, soos die ma se pa se ma se pa se pa se ma se... tot jy later 'n stamvader of -moeder kry. Jy gaan boonop later kwartierverlies kry.
- Aangesien ek gelukkig Rotterdamse grootouers het wat in 1951 geïmmigreer en in die 1960's genaturaliseer het, kan ek net sê ek is b2c2 (my pa is die tweede kind, ek is weer sy tweede kind). Dis maklik genoeg. Van moederskant... dis 'n diep put.
- Maar weer - die leser moet presies weet wie hy as stamouer as verwysing gebruik, omdat die stamvaders dieselfde vanne kan hê, maar totale ander mense is. Suidpunt (kontak) 10:28, 19 Junie 2026 (UTC)
- Die Uyse van die groot Uys-familie alleen, gaan (baie) moeilik te onderskei wees sonder daardie notas. Ek voel jy kry iets daaruit, en verloor niks, deur dit by te voeg. Die voorgestelde hulp-sjabloon sal baie nuttig wees. Daar is mense wat twyfel dat hierdie dinge enigsins gebeur het — sien dit as een of ander propaganda — en die notas koppel dit eenduidig aan spesifieke persone. Die voortrekkers het ook nie altyd hul name dieselde gespel nie, Oosthuijse op een lys, sal Oosthuize word op 'n ander, maar met die kodes kan jy uitwerk wie is wie. JMK (kontak) 10:44, 19 Junie 2026 (UTC)
- Het nou met tooltips die genealogiese kodes (by die betrokke artikel) in "g"-notas saamgevat. Dis net om aan te dui hoe die sjabloon kan werk as iemand dit wil skryf. Weet nie of "g" die beste afkorting daarvoor is, en of dit wel as "kodes" bekend staan nie. JMK (kontak) 14:57, 19 Junie 2026 (UTC)
- Twee van die deelnemers by die Slag van Bloedrivier was
- Jacobs, Pieter Daniel (a15b5c3d8e1)
- De Lange, Johan Hendrik (Hans Dons) (b10c2)
- Waarom begin die stamkode van Jacobs met 'n "a" maar dié van De Lange met 'n "b"? Martinvl (kontak) 15:07, 19 Junie 2026 (UTC)
- Ek raai daar moes 15 Jacobs-kinders by dieselde ouerpaar gewees het. En slegs een De Lange het die land binnegekom, sodat "a1" oorbodig is. Dit vertel ook vir ons dat die De Langes redelik onlangse immigrante was, in teenstelling met die Jacobse. JMK (kontak) 15:21, 19 Junie 2026 (UTC)
- Ek het self die antwoord hier gevind. Die letter "a" dui aan die stamvader wie na Suid Afrika geëmigreer het. Indien twee broers saam geëmigreer het, gebruik ons die kodes "a1" en "a2". Martinvl (kontak) 15:28, 19 Junie 2026 (UTC)
- In die geval van Jacobs blyk a15 te verwys na Pierre Jacob (soms aangeteken as Pierre Jacobs), 'n Franse hugenoot wat in 1688 aanboord De Schelde arriveer, en hom dan in die Groot Drakenstein area vestig met sy gade Suzanne de Vos, en hul kinders. Ek raai dan daar was 14 ander Jacobse, hetsy broers aldan nie, wat ook in JA Heese (en later Pama) se register as immigrante aangeteken is. JMK (kontak) 15:33, 19 Junie 2026 (UTC)
- Ek het self die antwoord hier gevind. Die letter "a" dui aan die stamvader wie na Suid Afrika geëmigreer het. Indien twee broers saam geëmigreer het, gebruik ons die kodes "a1" en "a2". Martinvl (kontak) 15:28, 19 Junie 2026 (UTC)
- Ek raai daar moes 15 Jacobs-kinders by dieselde ouerpaar gewees het. En slegs een De Lange het die land binnegekom, sodat "a1" oorbodig is. Dit vertel ook vir ons dat die De Langes redelik onlangse immigrante was, in teenstelling met die Jacobse. JMK (kontak) 15:21, 19 Junie 2026 (UTC)
- Twee van die deelnemers by die Slag van Bloedrivier was
- Het nou met tooltips die genealogiese kodes (by die betrokke artikel) in "g"-notas saamgevat. Dis net om aan te dui hoe die sjabloon kan werk as iemand dit wil skryf. Weet nie of "g" die beste afkorting daarvoor is, en of dit wel as "kodes" bekend staan nie. JMK (kontak) 14:57, 19 Junie 2026 (UTC)
- Die Uyse van die groot Uys-familie alleen, gaan (baie) moeilik te onderskei wees sonder daardie notas. Ek voel jy kry iets daaruit, en verloor niks, deur dit by te voeg. Die voorgestelde hulp-sjabloon sal baie nuttig wees. Daar is mense wat twyfel dat hierdie dinge enigsins gebeur het — sien dit as een of ander propaganda — en die notas koppel dit eenduidig aan spesifieke persone. Die voortrekkers het ook nie altyd hul name dieselde gespel nie, Oosthuijse op een lys, sal Oosthuize word op 'n ander, maar met die kodes kan jy uitwerk wie is wie. JMK (kontak) 10:44, 19 Junie 2026 (UTC)
Ons dorpsbiblioteek is ongelukkig oor naweke toe, maar gelukkig het ek voorheen fotostate gemaak oor my eie familie-aangeleenthede.
Jy kry, soos met die familienaam "LOUW", die volgende (Suid-Afrikaanse geslagsregisters, Deel 5 (L-M), p. 245):
Met ander woorde, die hele indeling is eintlik baie arbitrêr. Vind mens môre in 'n kalkgrot bewyse van 'n derde of vierde Louw-stamvader uit die 1700's, moet alles oorgedoen word. Suidpunt (kontak) 15:37, 19 Junie 2026 (UTC)
- Toe die stelsel aanvanklik deur Christoffel Coetzee de Villiers (1850-1887) ontwikkel is, was dit waarskynlik nuttig, maar het nou sy nut oorleef. Waar sulke kodes wel bestaan, sal dit waarskynlik beter wees om dit met die persoon se geboortedatum (of doopdatum) te vervang. Verder is die genealogieë van baie vroeë Suid-Afrikaanse setlaarfamilies sedert de Villier se tyd opgeskryf. Martinvl (kontak) 15:57, 19 Junie 2026 (UTC)
- Ek waardeer die Nederlandse kwartierstaat, al is dit feitlik onmoontlik om niggies en nefies daarop aan te dui. Hier werk die "Suid-Afrikaanse stelsel" beter. Die grootste probleem is - in Europa en ook in die Afrikakulture kan die "Suid-Afrikaanse stelsel" onmoontlik nie werk nie, want - wie gebruik jy as verwysingspunt? 'n Grotbewoner, of selfs 'n rietrot (Boreoeutheria - die gemene deler tussen mens en hond) of die eerste alge uit die oertyd (uit 'n evolusionêre oogpunt)? In Europa werk julle dus volgens 'n probandus-stelsel, naamlik: die wêreld begin by my, en werk homself agteruit. Dus, geen stelsel is perfek nie.
- Maar tussen ons, as Julius Caesar sy voorsate tot by Venus en Mars kon terugvoer, laat niemand in jou pad staan nie. Suidpunt (kontak) 16:05, 19 Junie 2026 (UTC)
- Die Suid-Afrikaanse stelsel is ontwerp om met bekende stamvaders te werk, nie met onbekende stamvaders nie. As sodanig is dit veral nuttig wanneer die afstammelinge van immigrante opgespoor word, wat de Villiers gedoen het.Martinvl (kontak) 20:31, 20 Junie 2026 (UTC)
- Maar tussen ons, as Julius Caesar sy voorsate tot by Venus en Mars kon terugvoer, laat niemand in jou pad staan nie. Suidpunt (kontak) 16:05, 19 Junie 2026 (UTC)
Gebruiker:Jcb word weer 'n admin
[wysig bron]Waarom is hierdie bladsy Sciëntologie beskerm? Ek wil graag hierdie skakel deduplikeer: "<ref>Willms (2005), bl. 79</ref>", maar ek kan dit nie nou doen nie.
Dit gebeur gereeld. Sal dit 'n idee wees om my 'n administrateur vir hierdie soort onderhoud te maak? Ek was voorheen 'n administrateur op hierdie Wiki (lank gelede). Jcb (kontak) 15:36, 19 Junie 2026 (UTC)
Ondersteun jou benoeming. Jy verdien dit! --
Aliwal2012 16:03, 19 Junie 2026 (UTC)
Ondersteun jou benoeming. Sobaka (kontak) 17:46, 19 Junie 2026 (UTC)
- Jcb, as 'n kandidaat kan ek jou seker twee vrae vra. Hoekom wil jy 'n administrateur op 'n anderstalige Wikipedia word? En hoekom het jy die eerste keer verdwyn? ~ Burgert (kontak) 18:02, 19 Junie 2026 (UTC)
- In die vroeë jare het ons baie met robotte gedoen. Byvoorbeeld interwiki. Robotte het soms foute gemaak. In 2005 het ek 'n administrateur geword sodat ek die foute van my eie robot kon opruim. In 2013 is dit herroep weens onaktiwiteit. Jcb (kontak) 18:24, 19 Junie 2026 (UTC)
- Jcb, as 'n kandidaat kan ek jou seker twee vrae vra. Hoekom wil jy 'n administrateur op 'n anderstalige Wikipedia word? En hoekom het jy die eerste keer verdwyn? ~ Burgert (kontak) 18:02, 19 Junie 2026 (UTC)
Ondersteun ~ Burgert (kontak) 19:20, 19 Junie 2026 (UTC)
Ondersteun, maar hy gaan nie baie besig wees nie omrede al die foute wat die hulpmiddel uitgewys het nou reggemaak is. Dankie Jcb vir al jou hardewerk hier. Groete! Oesjaar (kontak) 19:59, 19 Junie 2026 (UTC)
Ondersteun – @Jcb: baie geluk, jy is nou 'n administrateur op die Afrikaanse Wikipedia! Sterkte daarmee! Groete. --
SpesBona 10:00, 20 Junie 2026 (UTC)
- Baie dankie almal! Jcb (kontak) 14:14, 20 Junie 2026 (UTC)
Die Nederlandse Wikipedia is hierdie week 25 jaar oud!
[wysig bron]Wens hulle hier geluk! --
Aliwal2012 11:50, 20 Junie 2026 (UTC)
Vernoem, hernoem & genoem?
[wysig bron]Die taalkundiges, is die volgende sin reg: Die spesie is na die Suid-Afrikaanse botanikus Abraham Erasmus van Wyk vernoem. Ek verwys na Indigofera vanwykii. Groete! Oesjaar (kontak) 18:49, 24 Junie 2026 (UTC)
- Hi, Oesjaar. Hier is die verskil tussen vernoem, hernoem en genoem:
- Vernoem beteken om iemand se naam aan iemand of iets anders te gee, gewoonlik ter ere van iemand, byvoorbeeld: Die straat is na President Kruger vernoem.
- Hernoem beteken om die naam van iets te verander na iets anders, byvoorbeeld: Die lughawe is hernoem na 'n nuwe naam.
- Genoem beteken om na iemand of iets te verwys, byvoorbeeld: Ek het hom op sy naam genoem.
- Ek hoop hierdie help sommer almal. Vernoem is korrek. Die Engelse ekwivalente van hierdie woorde is as volg: genoem = "mentioned", vernoem = "named after" en hernoem is "renamed".
- Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 20:26, 24 Junie 2026 (UTC)
- Genoem en vernoem is albei reg, want hulle is sinonieme. Uit die HAT: Ek is na my ouma genoem/vernoem. ~ Burgert (kontak) 22:54, 24 Junie 2026 (UTC)
- Dit laat my hare reis/rys/ruis as iemand my "genoem" na "vernoem" verander. ~ Burgert (kontak) 22:57, 24 Junie 2026 (UTC)
Ontplooiing van Regs- en Veiligheidskontakte-skakel op jou Wiki
[wysig bron]Hallo gemeenskap, die Wikimedia-stigting het 'n enkele regs- en veiligheidskontakbladsy ontwerp, wat in die voetskrif van jou wiki gekoppel moet word om toegang tot akkurate regsinligting te verseker. Dit is 'n regulatoriese vereiste.
Ons het reeds skakels na Engelse, Duitse, Italiaanse, Spaanse en ander wiki's uitgerol en sal dit binnekort ook op jou wiki ontplooi. Lees asseblief meer op die projekbladsy en plaas enige kommentaar onder hierdie hofie of op die besprekingsbladsy.
-- User:Sannita (WMF) (talk) 13:28, 25 Junie 2026 (UTC)
- Hi @Sannita (WMF) I've read through the linked docs. It is not 100% clear to me if there are any actions required of our wiki. And it is not clear when this change is going to take place.
- Specifically this section. We already have a contact page. So which link is going to be updated, and what is the URL of the new legal contact page? And if the existing contact link is being edited, how will people find the link to the other page? - Rooiratel (kontak) 12:17, 2 Julie 2026 (UTC)
- @Rooiratel the change will take place by the end of July. Also, the community managed contact pages will remain. We will only add a link to the foundation's legal contacts page in the footer below the pages of the wiki. The URL is: https://foundation.wikimedia.org/wiki/Legal:Wikimedia_Foundation_Legal_and_Safety_Contact_Information. It was linked in @Sannita (WMF)'s message. –– STei (WMF) (kontak) 20:46, 2 Julie 2026 (UTC)
- Thanks, so to be clear: the contact page link in the sidebar remains as is, and you will add a new link for the new legal contact page in the footer?
- And what kind of wording will be used for the new legal contact page, considering we don't want to overload the meaning of "contact"? Will it be something like "contact legal" or just simply "legal" (translated of course). - Rooiratel (kontak) 07:20, 3 Julie 2026 (UTC)
- @Rooiratel the change will take place by the end of July. Also, the community managed contact pages will remain. We will only add a link to the foundation's legal contacts page in the footer below the pages of the wiki. The URL is: https://foundation.wikimedia.org/wiki/Legal:Wikimedia_Foundation_Legal_and_Safety_Contact_Information. It was linked in @Sannita (WMF)'s message. –– STei (WMF) (kontak) 20:46, 2 Julie 2026 (UTC)
Afrikaanse Wikipedia op die Radio
[wysig bron]'n Woord van dank aan professor Gerhard van Huyssteen, wat vandag die Wikipedia-praatjie op Overvaal Stereo behartig het. Sy entoesiasme vir die Afrikaanse Wikipedia en die wyse waarop hy die waarde van die projek beklemtoon het, het ongetwyfeld by baie gebruikers en luisteraars aanklank gevind. Veral sy beklemtoning dat die Afrikaanse Wikipedia 'n gemeenskapsprojek is wat tot voordeel van alle Afrikaanssprekendes strek – van toevallige lesers en studente tot aktiewe bydraers – was besonder bemoedigend.
Openbare gesprekke soos hierdie help om die sigbaarheid van die Afrikaanse Wikipedia te vergroot, nuwe bydraers aan te moedig en waardering te skep vir die duisende ure se vrywillige werk wat in die opbou van hierdie kennisbron belê word. Opregte dank aan professor Van Huyssteen vir sy tyd, sy ondersteuning en sy positiewe ambassadeurskap vir die Afrikaanse Wikipedia. Sobaka (kontak) 09:18, 30 Junie 2026 (UTC)
- Is die prof besig om ons van agter af aan te moedig by sy Engelse universiteit, of het hy ook 'n af.wiki-rekening? My broer het sy seun na Potch gestuur menend dat hy daar nog Afrikaans gaan kry, en toe ons die oë uitvee is dit alles Engels. Dis deel van die rede hoekom ek nou meestal Afrikaans skryf. JMK (kontak) 12:47, 1 Julie 2026 (UTC)
- Hy is inderdaad 'n gebruiker hier; Gebruiker:Geebee100 Sobaka (kontak) 13:58, 1 Julie 2026 (UTC)
Besoeke vir Junie.
[wysig bron]Gemeenskap, die besoeke vir April, Mei en Junie is 2,334; 2,303 en 2,205 miljoen respektiewelik. Ek het verwag dat Junie se besoeke amper by die 3 miljoen sou draai gesien in die lig van die Sokker-Wêreldbeker vir 2026 en die feit dat daar die afgelope 2 maande soveel artikels oor sokkerspelers geskep is. Miskien gaan Juliemaand beter lyk. Groete! Oesjaar (kontak) 18:28, 1 Julie 2026 (UTC)
- Ons moenie ons te veel blindstaar teen die "User"-syfers nie. As ons kyk na "Automatic" is dit duidelik meer mense gebruik ChatGPT en Google Gemini. En glo my, dikwels is Automatic tien keer meer as 'n enkele User-getal. Elke keer wanneer iemand 'n onderwerp opper of aanroer skraap 'n paar GPU's oor 'n paar Wikipedia-artikels. En wat ek ook ervaar het (vandaar dat mens byna mikroskopies spesifiek moet skryf of selfs die arme lesers met konteks moet oorlaai) - ons liewe rekenaars som op. Maar mens wil weet: maar "wat as dit?" of "wat as dat?" Dit raak soos 'n mikroskoop waar jy net al hoe meer inzoem. Nou in die regte wêreld het jy dieselfde sprinkaan onder 'n dekglas, maar dit lyk bietjie baie anders onder my speelgoed-mikroskoop as die elektronmikroskoop. En ons weet wat gebeur as KI inzoem: hy raai. Hy gorrel. Hy weet nie van sy gat af nie, maar sy programmering is so geskryf om 'n antwoord gedwonge te moet gee, of rekonstrueer met broodkrummels. Hy sal nooit erken: "ons weet nog nie".Suidpunt (kontak) 07:22, 6 Julie 2026 (UTC)
- Dit verklaar hoekom die meeste besoekers volgens hierdie statistieke uit die VSA kom. Sobaka (kontak) 14:19, 6 Julie 2026 (UTC)
- Ek sien dit anders om. Ons moet ons glad nie bekommer oor die outomatiese verkeer nie. (Botte, KI en soekenjinspinnekoppe). Dit sal mettertyd massief toeneem, veral omdat een draaiboek wat een persoon in 'n dag kan skryf, meer verkeer kan genereer as wat 'n mens ooit natuurlik op sy eie sou kon doen. Sien: en:Dead Internet theory.
- Die feit dat baie gebruikers hul Wikipedia-inhoud deur KI-opsommings kry, is meestal nie hul eie keuse nie, aangesien baie soekenjins dit in elk geval by verstek doen.
- En boonop, daardie mense wat tevrede is met 'n KI-opsomming sonder om die bladsy eintlik te lees, is in elk geval nie ons teikengehoor nie. Hulle sou nooit 'n hele Wikipedia-artikel lees nie.
- Ons is hier om diegene te bedien wat werklik wil lees en leer. Laat ons dus die verstandelose robotte en mense ignoreer en aangaan soos ons nog altyd gedoen het. - Rooiratel (kontak) 18:10, 6 Julie 2026 (UTC)
- Dit verklaar hoekom die meeste besoekers volgens hierdie statistieke uit die VSA kom. Sobaka (kontak) 14:19, 6 Julie 2026 (UTC)
Maandelikse sintaksfoute
[wysig bron]Hier is die nuutste: https://checkwiki.toolforge.org/cgi-bin/checkwiki.cgi?project=afwiki&view=project Groete! Oesjaar (kontak) 18:58, 2 Julie 2026 (UTC)
- Ek het probeer werk maak van die foute, maar kon nie hond haaraf maak nie!
Aliwal2012 20:03, 6 Julie 2026 (UTC)
Kategorie:Flora van Suid-Afrika
[wysig bron]Gemeenskap, juig saam met my! Hierdie kategorie het die 10,000 artikel mylpaal bereik! Dankie prof. Braam van Wyk vir die foto's! Groete! Oesjaar (kontak) 10:35, 8 Julie 2026 (UTC)
- Uitstekend behalwe vir 'n sekere outoriteit se swak oordeel en bemoeisiekheid wat ek sou ignoreer. JMK (kontak) 20:35, 8 Julie 2026 (UTC)
Seedier-voortplanting
[wysig bron]In Engels vind ek die term "broadcast spawning", wat beteken dat seediere, bv. visse, uitwendig voortplant/bevrug word deur die sperm- of eierselle in water te laat drywe, waar dié gameetselle mekaar lukraak danksy hul getalsterkte ontmoet. Mens kry ook "benthic spawning" en ander. In my beperkte dierkunde-bronne (nie bewus van 'n Afrikaanse dierkundewoordeboek) vind ek nie 'n Afrikaanse ekwivalent nie, en vertaal dit voorlopig as "uitsaai-kuitskieting". As daar 'n beter Afrikaanse woord hiervoor bestaan, hoor ek graag. JMK (kontak) 20:31, 8 Julie 2026 (UTC)
- Ook gewonder: as mens die woord akwakultuur beskou, wat is dit presies? 'n "Boerdery" kan 'n praktyk of proses wees, of selfs die fisiese plek plus gewas waar bv. graan verbou word. 'n Akwakultuur (as die lidwoord toepaslik is) kan dan benewens die proses, praktyk of metode, ook miskien die "plaas", "boerdery", óf die versameling van tenks of damme wees waar waterdiere verbou word. En ek gebruik eerder die woord "verbou" as "kweek", want ek dink jy kweek sampioene of plante, en nie seediere nie. As jy kweek het jy 'n kwekery. In 'n petriebakkie kan jy 'n kultuur propageer. Enige kommentaar welkom. JMK (kontak) 07:17, 9 Julie 2026 (UTC)
- EK het dit na een van my taalkundige vrinne verwys... Nou wag ons! Groete! Oesjaar (kontak) 08:04, 9 Julie 2026 (UTC)
- Van dr. Mariëtta Alberts Uitsaaikuit.. by seediere die nieseksuele gelyktydige vrystelling van eierselle deur wyfie en spermselle deur mannetjie. Groete! Oesjaar (kontak) 10:10, 9 Julie 2026 (UTC)
- Die WAT kan ook nie help nie. EK het 'n boodskap na die SAIAB gestuur. Kom ons kyk... Groete! Oesjaar (kontak) 13:30, 9 Julie 2026 (UTC)
- Om met die SAIAB te probeer gesels is 'n ander storie.... Ek het uiteindelik met 'n Dr. Suzanne Redelinghuys gesels. Sy sal kyk wat sy kan doen. Groete! Oesjaar (kontak) 13:54, 9 Julie 2026 (UTC)
- Die WAT kan ook nie help nie. EK het 'n boodskap na die SAIAB gestuur. Kom ons kyk... Groete! Oesjaar (kontak) 13:30, 9 Julie 2026 (UTC)
- Van dr. Mariëtta Alberts Uitsaaikuit.. by seediere die nieseksuele gelyktydige vrystelling van eierselle deur wyfie en spermselle deur mannetjie. Groete! Oesjaar (kontak) 10:10, 9 Julie 2026 (UTC)
- EK het dit na een van my taalkundige vrinne verwys... Nou wag ons! Groete! Oesjaar (kontak) 08:04, 9 Julie 2026 (UTC)
- Dr. Mariëtta Alberts stel voor julle gebruik kuituitsaaiing. Ek ken die woorde: ...die harders skiet kuit.... Groete! Oesjaar (kontak) 13:54, 9 Julie 2026 (UTC)
- Al die bg. help, dankie! JMK (kontak) 14:08, 9 Julie 2026 (UTC)
Swem in Suid-Afrika
[wysig bron]Gemeenskap, ek sien 'n gebruiker het nou 'n duisternis eksterne skakels in bogenoemde artikels geplaas. Myns insiens laat ons dit nie toe nie, is ek reg? Groete! Oesjaar (kontak) 11:18, 9 Julie 2026 (UTC)
- Die gebruik is om slegs skakels na bestaande artikels in die Afrikaanse Wikipedia te plaas en nie na ander tale Wiki artikels of eksterne webblaaie nie. Dink van die nuwe skakels in hierdie artikel sou miskien werk as bronne maar moet dan volgens die Wikipedia konvensies geformateer word. Daar is ook 'n eksterne skakel afdeling onder aan die artikel wat gebruik kan word om meer skakels na omvattende bronne op ander webwerwe te plaas. Sobaka (kontak) 11:41, 9 Julie 2026 (UTC)
- Daar is altyd 'n uitsondering op die reël - sien die plasing wat ek 'n paar minute gelede op hierdie bladsy gemaak het. Martinvl (kontak) 17:27, 13 Julie 2026 (UTC)
- Wat ek gesien het, was 'n reeks swak uitgevoerde verwysings (kaal URL-skakels) en 'n paar skakels na ander Wikipedia's. Ek stem nie saam dat hulle verwyder moet word nie. Die kaal URL's moet behoorlik as verwysings geformateer word, terwyl die skakels na ander Wikipedia's geformateer moet word met behulp van Sjabloon:Intertaalskakels.Martinvl (kontak) 17:38, 13 Julie 2026 (UTC)
- Stem saam met Martin - die URL'e lyk soos verwysings. Skakels na anderstalige wikis mag spaarsamig gebruik word m.b.v. die sjabloon {{ill}}. Sien bv. die Engelse artikel en:Pepin the Short. Hulle gebruik {{ill}} om na Frankiese Interregnum te skakel, waarskynlik omdat die gebruiker voel dit gaan jare vat voor die Engelse Wikipedia 'n artikel daaroor kry, en 'n leser wat Frans verstaan of weet hoe om 'n vertaler te gebruik, kan daarby baat deur na die Franse artikel verwys te word. – 🍍 Pynappel (kontak) 18:46, 13 Julie 2026 (UTC)
- Die alternatief vir die gebruik van die {{ill}}-sjabloon is om 'n saadjie te skep wat 'n behoorlike inligtingsboks bevat en behoorlik in Wikidata geïndekseer is. Dit sal die leser basiese inligting gee en hulle in staat stel om dieper in die onderwerp te delf in die taal van hul keuse. Martinvl (kontak) 18:03, 14 Julie 2026 (UTC)
- Stem saam met Martin - die URL'e lyk soos verwysings. Skakels na anderstalige wikis mag spaarsamig gebruik word m.b.v. die sjabloon {{ill}}. Sien bv. die Engelse artikel en:Pepin the Short. Hulle gebruik {{ill}} om na Frankiese Interregnum te skakel, waarskynlik omdat die gebruiker voel dit gaan jare vat voor die Engelse Wikipedia 'n artikel daaroor kry, en 'n leser wat Frans verstaan of weet hoe om 'n vertaler te gebruik, kan daarby baat deur na die Franse artikel verwys te word. – 🍍 Pynappel (kontak) 18:46, 13 Julie 2026 (UTC)
- Wat ek gesien het, was 'n reeks swak uitgevoerde verwysings (kaal URL-skakels) en 'n paar skakels na ander Wikipedia's. Ek stem nie saam dat hulle verwyder moet word nie. Die kaal URL's moet behoorlik as verwysings geformateer word, terwyl die skakels na ander Wikipedia's geformateer moet word met behulp van Sjabloon:Intertaalskakels.Martinvl (kontak) 17:38, 13 Julie 2026 (UTC)
- Daar is altyd 'n uitsondering op die reël - sien die plasing wat ek 'n paar minute gelede op hierdie bladsy gemaak het. Martinvl (kontak) 17:27, 13 Julie 2026 (UTC)
Onderwatervaartuig
[wysig bron]Is dit nodig om so 'n lang naam te gebruik? Watse opsies het ons volgens die kenners? Ek voel "dompeltuig" sal werk, want dompel kan in hierdie konteks net onderwater beteken, en tuig beteken jy ry in hom, of dit bevat instrumente vir 'n missie. Dus "Titan-dompeltuig"? Nietemin, net 'n voorstel. JMK (kontak) 09:34, 13 Julie 2026 (UTC)
- Toe ek op die skool was ('n half-eeu gelede), was dit altyd 'n "duikboot". In die Nederlanse Wikipedia, skryf hulle "Een onderzeeboot, onderzeeër of vroeger duikboot, is een vaartuig dat zich onder water kan voortbewegen." Martinvl (kontak) 17:23, 13 Julie 2026 (UTC)
- In verband met die Titan-tuig gebruik Netwerk24 onderwatervaartuig, dompelduikboot, dompeltuig en onderwatertuig . In hierdie artikel van 21 Junie 2023 verwys hulle daarna as 'n duikboot, maar ek vermoed dit is verkeerd en dit was voor hulle die terminologie uitgeklaar het. ChatGPT sê 'n duikboot is 'n selfstandige vaartuig wat vir lang tydperke onafhanklik onderwater kan bly terwyl tuie soos die Titan afhanklik is van 'n "moederskip" en slegs beperkte lewensondersteunende voorraad het en gewoonlik vir korter tydperke as duikbote onderwater kan bly. Maroela Media verwys ook na die Titan as 'n dompeltuig.. – 🍍 Pynappel (kontak) 18:36, 13 Julie 2026 (UTC)
- Dankie vir al die bostaande. Het gedink dat "Titan-onderwatervaartuig-inploffing" nogal lank is. Tensy iemand beswaar maak sal ek dit miskien later skuif na "Titan-dompeltuig-inploffing". JMK (kontak) 21:09, 18 Julie 2026 (UTC)
- In verband met die Titan-tuig gebruik Netwerk24 onderwatervaartuig, dompelduikboot, dompeltuig en onderwatertuig . In hierdie artikel van 21 Junie 2023 verwys hulle daarna as 'n duikboot, maar ek vermoed dit is verkeerd en dit was voor hulle die terminologie uitgeklaar het. ChatGPT sê 'n duikboot is 'n selfstandige vaartuig wat vir lang tydperke onafhanklik onderwater kan bly terwyl tuie soos die Titan afhanklik is van 'n "moederskip" en slegs beperkte lewensondersteunende voorraad het en gewoonlik vir korter tydperke as duikbote onderwater kan bly. Maroela Media verwys ook na die Titan as 'n dompeltuig.. – 🍍 Pynappel (kontak) 18:36, 13 Julie 2026 (UTC)
Ons vriend BurgertB
[wysig bron]Gemeenskap, neem kennis dat ons vriend Gebruiker:BurgertB tans in die hospitaal is. Ons sê sterkte vir hom en wens die beste toe. Groete! Oesjaar (kontak) 20:02, 13 Julie 2026 (UTC)
- Sterkte Burgert, ek hoop nie dis te ernstig nie! Beterskap!
Aliwal2012 08:00, 15 Julie 2026 (UTC)
- Hi Burgert, hoop dit gaan al beter, ons dink aan jou. Sterkte. Laat weet hoe dit gaan. Thermofan (kontak) 08:25, 21 Julie 2026 (UTC)
Jy het jou huiswerk gedoen...
[wysig bron]...as die Engelse Wikipedia sê dat van hulle artikels met 'n Afrikaanse (of Duitse artikel) uitgebrei kan word. Ek het onlangs twee voorbeelde rakende my sportartikels gesien:
- en:South Korea national rugby union team wat met hulp van beide die Afrikaanse voorbladartikel en die Duitse lesenswaardige artikel verbeter kan word.
- en:Tanzania national cricket team wat met hulp van die nuwe Duitse lesenswaardige artikel (laas maand aangewys) verbeter kan word.
Myns insiens is dit baie interessant dat die Afrikaanse en Duitse Wikipedia in beide krieket en rugby (hoegenaamd dié Engelse sportsoorte) deels beter artikels het as die Engelse Wikipedia. My doel was nog altyd om met artikels oor nasionale spanne en wêreldbekertoernooie die Engelse artikel te klop, nou word in die een of ander amptelik daarna verwys dat dit wel die geval is. Volgens my beskeie mening is dit die geval by die meeste artikels oor nasionale spanne, en hulle het in Afrikaans en Duits altyd dieselfde inhoud. Terloops, die Swahili-Wikipedia (Swahili is 'n ampstaal in Kenia, Rwanda, Tanzanië en Uganda) het nie een artikel oor nasionale krieket- of rugbyspanne nie. Tydens laasjaar se Wikimania in Nairobi wou ek 'n projek van stapel stuur om hulle ook te betrek, maar my versoek het nie geslaag nie (ek was nie daar nie). Hulle het wel artikels soos sw:Steve Tikolo waar ek met 'n inligtingskas kon help, maar hulle het nie iets soos sw:Timu ya kriketi ya Kenya (Keniaanse nasionale krieketspan) nie. Gemeenskap, dit is wat van my sportartikels vir die Afrikaanse Wikipedia (en Duitse ook) kan bied en myns insiens is dit een van baie moontlikhede om Afrikaans volstoom te ondersteun: met kwaliteit bo kwantiteit. Daarmee kan ons veral lesers lok, dink ek. Groete. --
SpesBona 20:45, 13 Julie 2026 (UTC)
- In die kol. Weens die druk op Afrikaanse onderwys-instellings moet daar aanlyn-aktiwiteit oor 'n alternatiewe en breë front wees. Die wiki-artikels oor gewilde onderwerpe plaas terminologie in die volksmond, en is beleggings in die taaltoekoms. 'n Leserspubliek wat meer lees, meer krities lees en meer in feite belangstel sal wel ook help. JMK (kontak) 21:09, 18 Julie 2026 (UTC)
Maria
[wysig bron]Kan iemand asb. vir my die artikel "Maria Boleyn" skep sodat ek kan sien of ek dit op hierdie gemors van 'n app kan doen - die app waarop ek glo geblokkeer is? Hoe is dit moontlik? - Burgert ~2026-40485-20 (talk) 04:46, 20 Julie 2026 (UTC)
- @Rooiratel:, enige raad hier? Groete! Oesjaar (kontak) 06:07, 20 Julie 2026 (UTC)
- Bedoel jy die Selfoon app? Dit werk net so 'n klein bietjie vir my, soms... maar ek vermy dit soos die pes vir bydraes. Thermofan (kontak) 08:38, 20 Julie 2026 (UTC)
- @Rooiratel:, enige raad hier? Groete! Oesjaar (kontak) 06:07, 20 Julie 2026 (UTC)
Admins, daar is 'n bietjie werk. Groete! Oesjaar (kontak) 05:55, 21 Julie 2026 (UTC)
- Oesjaar, is jy nie weg Frankryk toe vir Wikimania 2026 nie?
Aliwal2012 06:50, 21 Julie 2026 (UTC)
- Nee ongelukkig nie. As pensioenaris met inkomste van R0.00 per maand kon ek nie die Schengen Visa bekostig nie, my bakkie het dringend instandhouding vereis. So werk dit maar. Groete. Oesjaar (kontak) 06:58, 21 Julie 2026 (UTC)
- Jammer om te hoor, miskien kan jy nog virtueel aanbied? Sopas self ook R11750 vir my Mercedes se diens moes uithaal! Groete tuis,
Aliwal2012 07:54, 21 Julie 2026 (UTC)
- Gebruiker:Discott bied names my aan. Groete! Oesjaar (kontak) 08:02, 21 Julie 2026 (UTC)