Gaan na inhoud

Olimpiese Winterspele 2034

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Image Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
XXVIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2034

Gehou in Salt Lake City, Verenigde State
Deelnemende lande
Deelnemende atlete
Items
Openingseremonie 10 Februarie 2034
Sluitingseremonie 26 Februarie 2034
Amptelik geopen deur President van die VSA (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2030: Franse Alpe en Nice (Frankryk)
Volgende Spele 2038: nog nie bekend nie

Die Olimpiese Winterspele 2034 (Engels: 2034 Winter Olympics), amptelik bekend as die XXVIIste Olimpiese Winterspele, sal tussen 10 en 26 Februarie 2034 in Salt Lake City, Verenigde State, aangebied word.[1]

Dit sal die vyfde Winterspele en tiende Olimpiese Spele wees wat in die Verenigde State beslis word. Salt Lake City het voorheen die Olimpiese Winterspele 2002 aangebied.

Die openings- en sluitingseremonie sal in die Rice-Eccles-stadion gehou word. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer die Verenigde State laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.

Die Paralimpiese Winterspele 2034 sal tussen 10 en 19 Maart in Salt Lake City gehou word.

Toewysing

[wysig | wysig bron]

Salt Lake City is op 24 Julie 2024 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2034. Die stemming is op die vooraand van die Olimpiese Somerspele 2024 gehou en soos met die Olimpiese Somerspele van 2024 en 2028 is die Olimpiese Winterspele van 2030 en 2034 tegelyk toegeken, eersgenoemde aan Frankryk en laasgenoemde aan Salt Lake City, Verenigde State.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2034
Stad Land Stemme
Franse Alpe en NiceVlag van Frankryk FrankrykVerkies as 2030-gasheer
Salt Lake CityVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateVerkies as 2034-gasheer

Sportplekke

[wysig | wysig bron]

Salt Lake City-gebied

[wysig | wysig bron]

Ogden-gebied

[wysig | wysig bron]

Berggebied

[wysig | wysig bron]

Ander plekke

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Jeré Longman, Tariq Panja, Michael S. Schmidt (24 Julie 2024). "Salt Lake Awarded 2034 Olympics Under I.O.C. Pressure Over Doping Inquiries". The New York Times. Besoek op 26 Julie 2024.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030   2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.