Gaan na inhoud

Ghomma

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

‘n Ghomma is ‘n trom wat deur die Kaapse Maleiers tydens die optrede van die Kaapse Klopse gebruik word. Oorspronklik bestaan dit uit ‘n rou vel wat styf oor die oor kant van ‘n balie gespan is. Tradisioneel word dit gebruik vir die ritmiese begeleiding by die bespeel van ‘n kitaar en die sing van ghommaliedjies (ghoemaliedjies). So ‘n liedjie het ‘n eenvoudidge, herhalende wysie met woorde wat meesal sinloos is.