Gaan na inhoud

Groot Nordiese Oorlog

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Groot Nordiese Oorlog
Image
Die Slag van Poltawa deur Pierre-Denis Martin – 1726
Datum 12 Februarie 170010 September 1721
Ligging Noord-, Sentraal- en Oos-Europa
Resultaat Oorwinning deur die Geallieerdes
Strydende partye
Vlag van Swede Swede

Image Pole-Litaue (1704–1709)
Image Ottomaanse Ryk (1710–1714)
Image Kosak-hetmanaat (1708–1709)
Image Engeland (1700)
Image Groot-Brittanje (1719–1721)
Image Verenigde Provinsies (1700)
Image Brunswyk-Lüneburg (1700)

Image Rusland

Image Denemarke-Noorweë (1700, 1709–1720)
Image Sakse (1700–1706, 1709-)

Image Pole-Litaue (1700–1704, 1709-)

Image Pruise (1715–1720)
Image Hannover (1715–1719)
Image Groot-Brittanje (1717–1719)

Aanvoerders
Vlag van Swede Karel XII (†)

Vlag van Swede Ulrika Eleonora
Vlag van Swede Frederick I
Vlag van Swede Arvid Horn
Vlag van Swede Carl Rehnskiöld
Vlag van Swede Magnus Stenbock
Vlag van Swede Adam Lewenhaupt
Image Frederik IV (†)
Image Karel Frederick Image Stanisław Leszczyński
Image Ahmet III
Image Ivan Mazepa (†)
Image George I
Image Image George Rooke
(Verenigde vloot)
Image George William

Vlag van Rusland Pieter I

Vlag van Rusland Alexander Mensjikof
Vlag van Rusland Boris Sheremetev
Image Ivan Mazepa
Image Danylo Apostol
Image Ivan Skoropadsky
Vlag van Denemarke Frederik IV
Vlag van Denemarke Christian Reventlow
Vlag van Denemarke Peter Tordenskjold Image Image August II (persoonlike unie)
Image Friedrich Wilhelm I
Image Image George I (persoonlike unie)

Sterkte
90 000 soldate – 1700:
  • 77 000 Swede
  • 10 000 Lüneburgers
  • 28 skepe in die verenigde Anglo-Duitse vloot

175 000 bondgenote 1704–14:

  • 16 000 Pole
  • 3 000–9 000 Kosake
  • 150 000 Ottomane (Slegs deelgeneem in die Pruth-veldtog)
310 000 soldate – 1700:
  • 170 000 Russe (wagposte nie ingesluit)
  • 40 000 Dene
  • 100 000 Pools–Sakse

70 000 bondgenote 1715–20:

Ongevalle en verliese
Omstreeks 200 000 Swede:
  • 25 000 gesneuwelde deur gevegte
  • 175 000 gesneuwelde deur hongersnood, siekte en uitputting ens.[4]
Onbekend.
Ten minste 75 000 Russe
14 000–20 000 Pole en Sakse,
8 000 Dene is vermoor in die groter gevegte.
60 000 Dene in totaal tussen 1709 en 1719.[5]

Die Groot Nordiese Oorlog was 'n oorlog wat tussen 1700 en 1721 in Noord-, Sentraal- en Oos-Europa gevoer is om beheer oor die Oosseegebied te kry.

Image
Die eerste fase van die Groot Nordiese Oorlog tussen 1700 en 1709.
Image
Die tweede fase van die Groot Nordiese Oorlog tussen 1709 en 1721.

In Maart 1700 het 'n politieke en militêre alliansie, wat uit die Tsaredom van Rusland en die dubbelmonargieë Sakse-Pole en Denemarke-Noorweë bestaan het, die Sweedse Ryk aangeval wat destyds deur Karel XII van Swede, in die oë van sy tydgenote 'n jong en onervare heerser, geregeer is. Ondanks sy relatief slegte uitgangsposisie het die Sweedse koning aanvanklik militêre oorwinnings behaal sodat Denemarke-Noorweë (1700) en Sakse-Pole (1706) die alliansie verlaat het.

Toe Karel XII in 1708 'n poging onderneem het om ook Rusland met 'n laaste veldtog te oorwin, het die Swede in die Slag naby Poltawa in Julie 1709 'n verpletterende nederlaag gely wat die oorlog 'n finale wending gegee het.

Aangemoedig deur Swede se nederlaag, het sy voormalige teenstanders Denemarke en Sakse vinnig weer tot die oorlog toegetree. Die geallieerde magte het nou 'n militêre offensief begin loods wat Swede se rol tot defensiewe oorlogsvoering beperk het. Die koppige en eiewillige Sweedse monarg was nogtans nie bereid om oor te gee nie, en eers toe hy in die najaar van 1718 tydens die beleg van Frederikshald onder misterieuse omstandighede gesneuwel het, het die pad vir 'n wapenstilstand oopgelê.

Die bepalings van die vredesooreenkomste wat in die Vrede van Nystad, die Vrede van Frederiksborg en die Vrede van Stockholm vasgelê is, het 'n einde aan Swede se status as Europese groot moondheid gemaak en tegelykertyd die weg gebaan vir Rusland se ontwikkeling tot 'n nuwe groot moondheid.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "The Brandenburg-Prussian Army" (in Engels). Wyre Forest Wargames Club. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2017. Besoek op 19 Maart 2012.
  2. "Den preussiska arméns fälttåg 1702–1715" (in Sweeds). Tacitus.nu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2012. Besoek op 24 Junie 2010.
  3. "The Great Northern War 1700–1721 v2.Swedish Allies and Enemies – Colours and Uniforms". Scribd.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2012. Besoek op 11 November 2012.
  4. Ericson, Lars, Svenska knektar (2004) Lund: Historiska media
  5. Lindegren, Jan, Det danska och svenska resurssystemet i komparation (1995) Umeå : Björkås : Mitthögsk

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]